God se Groot Plan Vir My [HC]

R130.00

Out of stock

Veertig gewilde Bybelstories om kinders hul Godgegewe doel hier op aarde te leer – van Adam en Eva tot Jesus se wonderwerke.

Pastoor Rick Warren se topverkoper Die doelgerigte lewe het meer as 32 miljoen eksemplare verkoop. Nou kan kinders ook leer wat God vir hul lewe wil hê danksy die 40 Bybelstories in dié boek. Deur die verhale van  karakters soos Moses, Josef, Daniël, Ester en Dawid vind kleintjies elke dag uit wat God van hulle verwag en hoe hulle moet leef.

Van die temas sluit in:

 God vertrou jou
 God wil jou vriend wees
 Wat vir God die belangrikste is
 Die rede vir alles

Liriese teks, pragillustrasies en nuttige punte vir bespreking en nadenke aan die einde van elke storie, sal verseker dat kleuters nie kan wag om te ontdek wat hul lewensdoel is nie.

Author

Publisher

Format