Visuele Evangelie, Die

R135.00

By: Challies & Byers

Categories: ,

ISBN: 9781431617241

1 in stock

Ons leef in ’n tyd waarin mense al hoe meer op visuele voorstellings staatmaak om nuwe en moeilike konsepte te verstaan.
Maar die visuele voorstelling van waarheid is nie nuut nie. God het self visuele voorstellings gebruik om sy mense die waarheid te leer. Die tabernakel van die Ou Testament was ’n visuele voorstelling van die mens se verwydering van God en God se afdaling na sy volk toe. Elke deel van die tabernakel was bedoel om iets van die mens se verraad teenoor God en God se liefdevolle antwoord daarop te weerspieël. Net so is die sakramente van die Nuwe Testament visuele voorstellings van die mens se sonde en God se antwoord. Selfs die kruis was beide realiteit en ’n visuele demonstrasie.
Challies en Byers wil die konsepte en beginsels van sistematiese teologie op ’n vars en informatiewe manier oordra. Hulle doen dit met behulp van:

• Diagramme en grafiese voorstellings van teologiese uitgangspunte
• Praktiese insigte en toepassings vir die daaglikse lewe
• Fokusblokkies met ekstra verduidelikings en aanbevelings vir verdere leeswerk

Die visuele evangelie stel die Bybel se diepste waarhede op so ’n manier voor dat dit gesien en verstaan kan word deur ’n generasie wat ingestel is op die visuele.

 

Author

Publisher

Format