Toe Ons Jonk Was

R140.00

By: Kingsbury, Karen

Categories: ,

ISBN: 9781415340684

Out of stock

Wat as jy in die toekoms kan sien en weet wat môre gaan gebeur? Van die gewilde skrywer Karen Kingsbury kom hierdie klassieke storie oor tweede kanse – met die geliefde Baxterfamilie en ’n jong pa wie se lewe op sy kop gekeer word op die vooraand van sy egskeiding.

Noah en Emily Carter was bestem om saam te wees – van hul eerste ontmoeting, hul opwindende verlowing en pragtige troue, tot by hul gelukkig-vir-ewig-en-altyd-lewe. Hul liefdesverhaal is spesiaal en hulle wil dit met die hele wêreld deel. Meer as ’n miljoen aanhangers volg hul lewe op Instagram, Facebook en Twitter sedert die dag dat Noah ten aanskoue van ’n skare mense en die nuuskameras vir Emily gevra het om te trou. Maar agter die perfek gestileerde foto’s en bemoedigende boodskappies op sosiale media, is hul lewe allesbehalwe ’n sprokie, en dis Noah se obsessie met sosiale media wat alles geruïneer het. ’n Hartgebroke Emily reik uit na haar vriendin Kari Baxter Taylor en vertel haar die waarheid: sy en Noah het besluit om uitmekaar te gaan. Hy trek die volgende oggend uit. Maar wanneer Noah die volgende oggend wakker word, is alles anders. Emily is weg en die kinders is jare ouer. Soos Scrooge in A Christmas Carol , gebeur daar vreemde dinge en sy lewe neem ’n bisarre wending deur die aand. Later is Noah oortuig daarvan dat hy twintig jaar ouer is. En hy is desperaat vir ’n tweede kans.

Author

Publisher

Format