Oomblik in Tyd, ‘n

R125.00

By: Kingsbury, Karen

Categories: ,

ISBN: 9781415338902

Out of stock

Van New York Times -topverkoperskrywer Karen Kingsbury kom ’n splinternuwe Baxterfamilie-roman oor ’n geliefde skoolhoof wat ’n Bybelstudieklub begin om die lewens van sy sukkelende leerlinge te verbeter. Dit het egter tot gevolg dat hy die nasionale fokus van ’n omstrede regsgeding word.

Hamilton Hoërskool se skoolhoof, Wendell Quinn, is moeg vir die dwelmmisbruik, tienerswangerskappe, geweld, en lae verwagtings by sy skool. Quinn is ’n Christen en gesinsman, en wil verandering in sy gemeenskap sien. Daarom begin hy ’n vrywillige naskoolse Bybelstudieprogram, ten spyte daarvan dat dit sy werk in gevaar kan stel. Die hoë bywoning by elke byeenkoms moedig hom egter aan om voort te gaan. Dis duidelik dat die program werk – totdat een ouer die pers daarvan in kennis stel. Nou staan Quinn voor ’n regsgeding wat alles kan verwoes, en moet hy kies: Gaan hy toegee en die program stop, of gaan hy opstaan vir wat hy glo reg is.

Author

Publisher

Format