Erfenis van Liefde

R125.00

By: Kingsbury, Karen

Categories: ,

ISBN: 9781415337004

Out of stock

Dekades gelede was John en Elizabeth Baxter die hoofkarakters van ’n liefdesverhaal wat steeds ’n rol speel in die lewens van hul volwasse kinders en kleinkinders. Tog ken min van hulle die presiese details van daardie storie en die hartseer wat hulle bymekaar gebring het.

Nou reeds op hoërskool moet Cole, Ashley Baxter Blake se oudste seun, ’n erfenisprojek doen vir sy Engelse klas. Hy besluit om sy oupa, John Baxter, te ondervra oor daardie liefdesverhaal van soveel jare gelede.

John is aanvanklik huiwerig en onseker of hy die krag het vir die hartseer wat dit dalk kan meebring – veral aangesien hy intussen weer getroud is. Tog stem hy in en laat toe dat sy gedagtes na plekke gaan waar hy dit in dekades nie gewaag het nie.

Terselfdertyd verwerk die Baxters se familievriend Cody Coleman sy verbreekte verlowing met Andi Ellison. Hy is vasbeslote om aan te beweeg, maar ’n toevallige ontmoeting laat hom van plan verander. Kan Cody vir Andi oorreed om weer te probeer, of is dit tyd om finaal te groet?

Of jy die Baxters vir die eerste keer leer ken, of hulle opnuut ontmoet, Erfenis van liefde sal jou hartsnare roer en jou herinner aan die impak wat ’n erfenis van liefde op ’n familie

Author

Publisher

Format