Die Poorte Van Sion

R80.00

By: Thoene, Bodie

Category:

ISBN: 9781868233878

Out of stock

Die poorte van Sion deur Bodie Thoene is ’n meesleurende historiese roman van ’n jong vrou en ’n jong nasie op soek na ’n eie identiteit en lewensin. Dis 1947. Die Tweede Wêreldoorlog is pas verby. Ellie Warne, ’n jong Amerikaanse fotojoernalis, bevind haar in Jerusalem ten tyde van die geboorte van die nuwe staat Israel. Onwetend word sy ’n pion in ’n gevaarlike politieke skaakspel wanneer sy foto’s neem van antieke boekrolle wat twee Bedoeïene ontdek het. Wie sou ooit kon droom dat ’n paar onskuldige foto’s haar in so ’n web van van intrige en gevaar sou vasspin? Intussen lyk dit of haar Amerikaanse vriend David Meyer haar liefhet, maar waarom interesseer Moshe Sachar se passie en toewyding vir sy land Israel haar dan soveel meer? Te midde van al die drama in haar lewe ontdek Ellie ’n volk met lewensdrif en ’n persoon met ’n ideaal wat die koers van haar lewe onherroeplik verander. Uit die verskrikking van die Nazi’s se Jode-vervolging kom hierdie manjifieke roman van onvernietigbare moed en hoop. Die reeks Kroniek van Sion sluit vyf romans in: Die poorte van Sion, Dogter van Sion, Terugkeer na Sion, ’n Lig in Sion en Die sleutel na Sion.

Author

Publisher

Format