Gebed Wat Berge Versit

R100.00

By: Eldredge, John

Categories: ,

ISBN: 9781415337554

2 in stock

Elkeen van ons het ‘n rede waarom ons bid. Ons wil hê God moet ingryp in on lewens en in die lewens van ons geliefdes. Maar soms is Hy stil. Waar laat dit ons? Doen ons iets verkeerd? Het Hy dalk nie gehoor toe ons bid nie? Hoekom lyk dit asof sommige mense se gebede ‘n groter uitwerking het as ons s’n? Dan raak ons moedeloos en gee moed op, ons hou op met bid. Ons hou op om juis daardie wapen te gebruik wat God aan ons gegee het sodat ons nie moedeloos sal word nie.

     As jy enigsins in gebed belangstel, wil jy sien dat gebed werk. Dit is die doel van hierdie boek. Wanneer ons ontdek dat gebed nie net behels om vir God dinge te vra nie, maar ‘n vennootskap met Hom is, gaan daar vir ons nuwe moontlikhede oop. Ons is God se seuns en dogters, ons het die gesag van Jesus Christus ontvang en ons het ‘n groter rol om te speel in gebed as wat ons ooit kon dink,. Ons het ook veel groter mag.

     Gebed wat berge versit is ‘n praktiese boek wat geanker is in jare se ervaring. John Eldredge bemoedig jou op ‘n sensitiewe, liefdevolle manier, maar sy raad is terselfdertyd reguit en leersaam, en sal jou stap vir stap leer hoe kragtige gebed werk. Daar is niks wat aan ‘n mens groter hoop gee as die idee dat dinge anders kan wees nie, en dat ons ‘n rol kan speel om daardie verandering te bewerkstellig. Met God, kan ons berge versit.

Author

Publisher

Format